Soorte resepte:

Resep: Boeliebief-en-rys-gereg

Boeliebief-en-rys-gereg (Foto: Erina Victor)

Maroela Media-leser Erina Victor sê sy was ʼn jong pasgetroude vrou toe sy en haar man 45 jaar gelede vir sy oom op Merweville gaan kuier het en vir die eerste keer dié gereg geproe het.

“Die aand het my man se tante hierdie gereg gemaak. Ek wis nie dat dit nie etiket is om ʼn resep te vra nie, en vra toe dadelik die resep omdat dit vir my en my man baie lekker was. So deur die jare het ek hom so ʼn bietjie aan gepas en is dit ʼn groot gunsteling in my gesin.”

Ná 45 jaar is dit nog steeds ʼn gunsteling in Erina se huis en word dit ongeveer twee keer per maand gemaak.

Bestanddele

  • 1 of 2 blikkies boeliebief
  • 1 blikkie tamatiepuree of tamatie-en-uie-stoof
  • 1 k rys
  • bietjie olie
  • 1 t borrie
  • 1 t knoffelsout
  • tamaties
  • uie
  • 1 t sout
  • warm water

Metode

  1. Verhit oond tot 180 °C.
  2. Gooi ʼn lagie olie onder in ’n redelike diep oondvaste bak.
  3. Sprinkel knoffelsout en borrie bo-oor en sny dan ʼn laag uie en ʼn laag tamatie.
  4. Gooi die rou rys bo-oor en gooi die tamatiepuree bo-oor.
  5. Druk die boeliebief fyn en sprei dit oor die rys. Sny dan weer ʼn laag uie en tamatie bo-oor.
  6. Los sout op in warm water en gooi dit ook oor.
  7. Bak by 180 °C vir 45 minute of tot rys gaar is.

Wenk: Meng jou boeliebief met blatjang na smaak vir ʼn lekker geurige gereg.

Stuur vir ons jou familieresep hier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Zanie ·

Dankie tannie Erina. Klink heerlik. Gaan dit definitief maak… Maar hoeveel warm water gebruik die resep? :)

Charmaine ·

Hoe groot moet die blikkie tamatie puree wees asb? Baie dankie

Lizel Basson ·

Klink heerlik, en my vraag is soos almal sin, hoeveel water :)

Elna ·

Ek skat so 2 koppies water vir die rys om sag te kook. Tannie sê ook nie waar en wanneer moet die blikkie tamatie puree of tamatie smoor bygevoeg word nie. Dalk het ek dit net iewers gemis. Jammer as ek verkeerd gelees het

Ann ·

Enige resep waar daar net staan “water”, beteken dit net dat jy dit volgens jou behoefte moet byvoeg. Ek gooi sommer soos wat ek dink :)

Landi ·

Yummy… Klink heerlik. Ek gaan dit met sampioene en gemengde groente bygevoeg probeer… Dalk gerasperde kaas bo-oor smelt.

Disselboom ·

Die resep is heel duidelik dankie en gaan gemaak word hier by Disselboom. Sterkte en gaan kry solank die soplepels om die sop te eet as jy meer as net bietjie water (net om die sout op te los en te laat versprei) met al daai tamaties in die oond laat prut.

Robert ·

@Disselboom: ‘n DUIDELIKE resep is soos in huisgenoot se wenresepte of kook en geniet

Robert ·

Seker en van die swakste beskrywings vir ‘n resep. As jy wil hê die mense moet dit dadelik kan toepas moet die kwantiteite duidelik deurgegee word.

Disselboom ·

‘n Gesonde verstande het net ‘n halwe woord nodig – dis sommer lekker om bietjie dwars te wees oor mense wat ‘n eenvoudige maar lekker idee vir kosmaak met ‘n afgemete resep verwar…. vir ‘n verandering hoef ons nie so dodelik ernstig te wees oor iets nie en bietjie korswil.

Gehasi ·

Wààr kry mens nog regte boeliebief, sonder al die snaakse bestandele?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.