Soorte resepte:

Resep: Boerewors in bier-marinade

As jy vandag gaan braai is hierdie die perfekte resep vir jou!

Bestanddele

  • organiese olyfolie
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • ½ groot ui, gekap
  • knippie sout
  • 2 e klam bruinsuiker
  • 2 e witasyn
  • 1 k Castle Lager
  • 2 t tamatiepasta
  • 2 t kerriepoeier
  • 600 g dik boerewors

Metode

  1. Braai kerriepoeier in ʼn droë pan vir een minuut. Voeg die tamatiepasta by, roer deur en gooi Castle Lager en witasyn by.
  2. Bring tot kookpunt, en voeg dan klam bruinsuiker, sout, ui en knoffel by. Kook vir ongeveer 2 minute. Verwyder van hitte en voeg olyfolie by. Laat die marinade effens afkoel.
  3. Plaas die dik boerewors in ʼn bak met ʼn deksel of in ʼn plastieksak. Gooi die marinade oor en laat in die yskas vir 1 uur.
  4. Braai boerewors vir 15 minute oor warm kole of oor ʼn gasbraaier as jy haastig is. Anders kan jy dit ook in ʼn oond teen 200 °C gaarmaak.

Resep: Die Suid-Afrikaanse Brouery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis nou ‘n manier om lekker wors goed op te mors…..Gooi Castle Lager daaroor uit!!!

Willie ·

Stem saam. Daai marinade sal beslis nie die worsvel binnedring nie. Dus mors jy al die bestanddele (en bier) om ‘n worsvel te marineer!

Realis ·

Klink soos die ANC brigade wat wors in Johnny Walker Blue gaar gemaak het. Say no more ……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.