Suid-Afrika se gunsteIing-wors maak uitmuntende sosaties – én dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
Lewer 12
Bestanddele:
- 750 g boerewors van die beste gehalte
- 12 houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
- 1 groot rooi ui, in wiggies gesny
- 12 kersietamaties
- 1 rooi, groen of geeI soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
- olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
- Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3 tot 4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie, ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
- Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
- Braai vir 7 tot 10 minute aan elke kant.
Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik
Vrek dit lyk lekker!
Stem saam Rudi, lekker gegeurde wors my gunsteling!!