Soorte resepte:

Resep: Boerewors-sosaties

Foto: Japtrap-braai

Foto: Japtrap-braai

Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ‘n welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

Lewer 12

750 g boerewors van die beste gehalte
12 houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
1. Gebruik ‘n skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3 – 4 cm lank. Sit ‘n uiwiggie, ‘n stuk boerewors, tamatie, nog ‘n stuk boerewors en ‘n stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ‘n bakpan en smeer olyfollie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai vir 7 – 10 minute aan ‘n kant.

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.