ʼn Eenvoudiger resep sal jy nie sommer kry nie – en dit is die ware Jakob van ʼn worsrol.
Bestanddele:
- 1 kg boerewors
- 2 x 400 g-pakkies skilferkorsdeeg
Metode:
- Braai die boerewors in ’n pan of op ’n rooster oor die vuur tot gaar.
- Verwyder van die hitte en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180 ˚C en smeer ’n bakplaat.
- Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny groot genoeg reghoeke uit die deeg sodat die worslengtes daarin kan pas, maar nie te groot nie, want jy wil nie net ʼn klomp deeg hap nie.
- Sny die wors in dieselfde lengtes as ’n gewone worsrol. Vou die deeg om die wors en verf ’n bietjie eiergeel oor die deeg. Bak tot goudbruin en gaar.
- Maak ʼn tamatiesmoortjie wat jy saam met die afsonderlike worspasteie kan voorsit.
Bron: Laat die potte sing
Uitgewer: Lapa