Soorte resepte:

[Resep] Boereworssosaties

Foto: Beste uit Vrouekeur.

Boereworssosaties. Foto: Beste uit Vrouekeur.

Steek die vuur solank aan – die naweek is hier! Hierdie resep is ʼn moet vir die naweek se lente-feesviering.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

Sosaties

  • 12 sosatiestokkies
  • 600 g boerewors
  • 250 g (1 pakkie) streepspek
  • 440 g (1 blik) pynappelstukke
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokke gesny
  • 12 klein uie, skoongemaak en gehalveer

Sous

  • 187 ml (¾ k) pynappelstroop
  • 10 ml (2 t) mielieblom
  • 15 ml (1 e) sojasous
  • 15 ml (1 e) rysasyn

Metode:

Sosaties

  1. Laat die sosatiestokkies vir ongeveer 1 uur in water lê – sodat die stokkies nie brand wanneer dit gebraai word nie.
  2. Kook die boerewors in ʼn bietjie water in ʼn pan tot amper gaar. Laat dit effens afkoel en sny in happiegroottes.
  3. Sny die streepspek in die helfte (vertikaal). Draai stukkies spek om elke worshappie.
  4. Dreineer die pynappelstukke, maar behou stroop. Steek die boereworshappies en pynappelstukke, soetrissieblokke en uitjies beurtelings op die sosatiestokkies.

Sous

  1. Verhit die pynappelstroop, mielieblom, sojasous en rysasyn saam in ʼn kastrol tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die sous glad is en effens verdik. Hou eenkant tot benodig.
  2. Braai die sosaties oor kole of in ʼn braaipan met ʼn bietjie olie tot gaar.
  3. Skep die sous oor die sosaties en sit voor.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

oc vermeulen ·

boerewors sosaties lyk baie lekker gaan dit die na we maak

Kobus ·

As ek sulke lekker kos sien, vergeet ek van woordeboek en spelling, dit is vir die birds, ek is ‘n sucker vir boerewors, oggend, middag en aand, wat is dan nou verkeerd met ‘n ou spekkie daarby en moet asseblief NIE die peppers vergeet nie, ‘n Ui.

Jef ·

mmmm as dit nou net so smaak soos wat dit lyk ek gaan dit sommer nou maak en more oppie braai sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.