Lekker vir warm óf koue weer!
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
Pasta
- 1 pak (500 g) spiraalpasta
Ham en brokkoli
- ʼn klont Clover Mooi River-botter
- 1 ui, gekap
- 5 ml droë gemengde kruie
- 750 g ham (“picnic ham”), in blokkies gesny
- 1 klein kop brokkoli, in blommetjies gebreek
- 2 sirkels Clover-feta, in blokkies gesny
Witsous
- 80 ml Clover Mooi River-botter
- 80 ml koekmeel
- 750 ml warm Clover-volroommelk
- 2,5 ml sout
- knypie rooipeper
Bolaag
- 500 ml vars witbroodkrummels
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn diep oondvaste bak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
- Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente en dreineer.
- Roer ʼn klein bietjie olie deur sodat die pastastukkies nie aan mekaar kleef nie.
- Ham en brokkoli: Verhit genoeg botter in ʼn swaarboomkastrol en soteer die ui en kruie tot die ui sag is. Voeg die ham by en roerbraai vir nog 5 minute. Verwyder van die hitte.
- Plaas die brokkoli in ʼn glasbak, voeg 10 ml water by en bedek met kleefplastiek. Mikrogolf vir 5 minute en laat ʼn bietjie afkoel. Verwyder die kleefplastiek en giet die oortollige water af.
- Roer die gestoomde brokkoli, pasta en feta-blokkies deeglik deur die hammengsel en skep in die voorbereide bak.
- Witsous: Smelt die botter in ʼn swaarboomkastrol en roer die koekmeel by. Voeg die warm melk geleidelik by en roer aanhoudend sodat dit nie klonte vorm nie. Laat die witsous liggies prut tot verdik. Geur met sout en rooipeper.
- Giet die witsous oor die pastagereg en strooi die broodkrummels oor.
- Bak vir 35-40 minute of tot goudbruin.
- Bron: Ekonomiese Gesinskos
- Uitgewer: Lapa