Soorte resepte:

Resep: Brouers-hoender

Brouers-hoender (Foto: Lapa-uitgewers)

Die gereg word in een kastrol voorberei!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 20 ml olie
  • 1 hoender (± 1 kg), in stukke gesny
  • 12 piekeluie, geskil, maar heel gehou of 3 middelslag uie, in skywe gesny
  • 1 selderystingel, in skywe gesny
  • 8 baba-aartappels, heel of 3 middelslag aartappels, ongeskil en in stukke gesny
  • 10 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper en kruie na smaak, bv. gemengde kruie
  • 40 ml tamatiepasta
  • 1 lourierblaar
  • 200 ml bier
  • 25 ml botter of margarien
  • 25 ml koekmeel
  • 125 ml melk

Metode

  1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die hoenderstukke aan beide kante tot goudbruin oor medium‑ tot lae hitte.
  2. Voeg die uitjies of uieskywe en seldery by en soteer tot dit effens verbruin het. Voeg die aartappels by.
  3. Strooi die sout, peper en kruie oor en voeg die tamatiepasta, lourierblaar en bier by. Plaas die deksel op en laat prut vir 45 minute lank oor lae temperatuur of tot gaar.
  4. Berei intussen ’n witsous van die orige bestanddele. Smelt die botter of margarien oor ’n matige temperatuur in ’n klein kastrolletjie en roer die meel by om ’n pasta te vorm.
  5. Roer die melk geleidelik by, terwyl voortdurend geroer word om ’n gladde sous te vorm.
  6. Roer die witsous by die hoender net voor dit voorgesit word en geur na smaak. Sit dadelik voor met rys en ’n slaai of ander gaar groente.

Bron: Eenpotgeregte deur An du Plessis

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.