Soorte resepte:

[Resep] Coq au vin

Foto: Lekker en Vinnig

Coq au vin. Foto: Lekker en Vinnig

(Uit: Braaitreffers, Hannetjie Joubert)

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 500 ml droë rooiwyn
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 125 ml brandewyn
  • 3 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml vars of 2 ml droë tiemie
  • 12,5 ml tamatiepasta
  • 5 ml vars of 2 ml droë marjolein
  • 7 ml sout
  • 3 ml varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml bruinsuiker
  • 10 ml vars of 5 ml droë pietersielie
  • 250 g klein knopiesampioene
  • 150 g spek, gekap
  • 20 pekeluie, geskil en geblansjeer
  • 50 ml botter of margarien
  • 1 groot hoender, in porsies gesny
  • meelblom om in te rol

Metode:

  1. Verhit die rooiwyn, aftreksel, brandewyn, knoffel, lourierblaar, tiemie, tamatiepasta, marjolein, sout, peper, bruinsuiker en pietersielie in ‘n nommer 1- of 2-driepootpot oor die kole. Laat dit kook tot ±600 ml oorbly.
  2. Voeg die sampioene by en laat prut vir nog 5 minute lank. Skep die sampioene uit.
  3. Braai die spekvleis en uie bruin in botter. Skep dit uit.
  4. Rol die hoenderstukke in meelblom en braai tot egalig bruin in botter of margarien.
  5. Skep die hoender, uie, spekvleis en sampioene terug in die pot. Bedek met net genoeg wyn en aftreksel om die hoender halfpad te bedek. Bedek met ‘n deksel en laat prut stadig vir 1 – 1 ½ uur of totdat die hoender sag is.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.