Ek koop elke Saterdag ʼn reuse werfhoender op die mark. My drie honger seuns kan dit nie baasraak nie en daar bly altyd genoeg oor vir Maandag se toebroodjies, skryf Vickie de Beer.
Genoeg vir 4-6
Bestanddele
Vulsel
- 125 ml koeskoes
- 180 ml hoenderaftreksel, kokend warm
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2,5 ml fyn koljander
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml paprika
- 8 vars of gedroogde dadels, ontpit en grofgekap
- 60 ml pistasieneute, grofgekap
Hoender
- 2 – 2,4 kg werfhoender, afgespoel en afgedroog
- 100 g chorizo-worsies (of enige ander geurige worsie), in 5 mm-skyfies gesny
- 30 ml olyfolie
Metode
- Voorverhit die oond tot 200˚ C.
- Giet die hoenderaftreksel oor die koeskoes.
- Bedek en laat staan vir 3 min. Roer deur met ʼn vurk en laat afkoel.
- Braai die ui en knoffel in 15 ml olyfolie in ʼn groot pan tot sag en deurskynend.
- Voeg die koljander, komyn, paprika en dadels by en braai vir nog 3 min.
- Meng die uie-en-dadelmengsel, pistasieneute en sout en peper met ʼn vurk by die koeskoes in.
- Wikkel die hoender se vel op die bors en dye los met die hand.
- Druk die chorizo-skyfies in enkellae onder die vel in.
- Stop die hoender met die koeskoesvulsel.
- Bind die bene toe met kombuistou en sit die hoender met die bors na bo in ʼn oondpan, verf met olyfolie en geur met sout en peper.
- Bak vir 1 uur of toets dit deur ʼn sny in die dikste deel van die boudjie te maak.
- Dit is gaar wanneer die vloeistof wat uitkom, helder is.
- Haal uit die pan en laat rus vir 6-7 minute sodat die sappe geabsorbeer kan word.
Bron: Rooi Rose Kuierkos
Uitgewer: Human & Rousseau
Hahaha, bak ‘n werfhoender vir 1 uur? Dis duidelik nie ‘n wefhoender wat jy gekoop het nie. Julle ken klaarblyklik nie werfhoenders nie. In die 1ste plek kan jy hulle nie bak nie, maar moet hulle vir ‘n hele paar uur kook om sag te kry,