Hierdie gereg klink hemels en dit lyk asof dit sommer ʼn gesonde bederf ook is!
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- olie vir braai
- 1,5 kg maer lamsrib, in groot stukke gesaag
- 2 groot uie, gekap
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 410 g (1 blik) heel tamaties, grofgekap
- 150 ml lamsvleisaftreksel
- 100 ml balsamiese of bruinasyn
- 3 lourierblare
- 20 ml Worcestershire-sous
- 20 ml bruin suiker
- 100 ml blatjang
- 1 ml fyn gemmer
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml paprika
- 410 g (1 blik) nierbone, afgespoel
- 410 g (1 blik) botterbone
- 300 g groenbone
Metode:
- Verhit die olie en braai die vleis in ʼn nommer 3-driepootpot oor die kole tot bruin. Skep die vleis uit.
- Soteer die uie en knoffel, voeg die vleis en res van die bestanddele, behalwe die bone, by en laat prut vir 2-3 uur lank tot sag.
- Blansjeer die groenbone in kokende soutwater vir 45 sekondes.
- Voeg die nier-, botter- en groenbone by die vleispot. Laat prut vir ʼn paar minute lank of tot deurwarm.
Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers, Hannetjie Joubert.
As die vleis op die meegaande foto lamsrib is is my naam sekerlik skaaptjop. Eerste lamsrib wat ek sien wat murgbene bevat.
Kiepie, ek het nie dadelik agtergekom nie, maar lyk soos skenkelpotjie op die foto.