Soorte resepte:

Resep: Elandcarpaccio

Elandcarpaccio (Foto: Dapper Media)

Dié dis is perfek as voorgereg vir ’n spesiale geleentheid.

Bestanddele

  • 2 kg elandfilet
  • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie
  • 1 teelepel (5 ml) growwe of kristalsout
  • 1 teelepel (5 ml) knippie of meer growwe peper
  • 2 eetlepels (30 ml) aangemaakte mosterd
  • 2 eetlepels (30 ml) jenewerbessies
  • 2 tot 3 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 5 tot 6 takkies vars tiemie

Opdiening

  • 3 eetlepels rooibosreduksiesous of balamiese asyn
  • skaafsels beleë cheddarkaas (vir 18 maande verouder)
  • kappertjiesaad
  • bronkors

Metode

  1. Vryf die filet met olyfolie in.
  2. Strooi die sout en peper oor die vleis en vryf dit goed in.
  3. Smeer ’n dun lagie mosterd oor die vleis.
  4. Kneus die jenewerbessies met die kant van ’n mes plat en gooi dit saam met die knoffel en tiemie in ’n swaarboomkastrol of gietysterpan. Plaas die kastrol of pan oor ’n hoë hitte totdat die inhoud rookwarm is.
  5. Seël die elandfilet vinnig in die vuurwarm kastrol of pan waarin die bessies, knoffel en tiemie is, en laat dit dan afkoel.
  6. Rol die filet styf in kleefplastiek toe en vries dit oornag.
  7. Verwyder die kleefplastiek en sny die vleis met ’n skerp mes in papierdun, ronde skywe.
  8. As die vleis nie dun genoeg is nie, rol die skyfies met ’n koekroller tussen twee lae kleefplastiek uit.

Opdiening

  1. Sprei die elandcarpaccio op ’n bord uit.
  2. Garneer met die cheddarkaas, kappertjiesaad en bronkors.
  3. Sprinkel met die rooibosreduksiesous of balsamiese asyn, en olyfolie na smaak.

Kyk hier ‘n voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledigie episode hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet ·

Praat asb “afrikaans” met jou vermelding van sekere kruie/speserye. Verder klink dit heel lekker.

humor ·

Ja Piet magtig man waarom ook die vreeslike uitheemse naam vir die dis. Moet dit ook juis eland wees. Ken wildsvleis, kan ook maar koede gemsbok of selfs bees wees. Is dit maar om n bietjie gesien , gehoor te word.

Bokkom ·

Ooo, Carpaccio van my “favorite” geregte, maar ken nie Eland nie. Julle maak my tong sommer vroeg-oggend opgewonde. Thanks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.