Soorte resepte:

[Resep] Esau se lensiesop

Foto: Skottel en Spens

Esau se lensiesop. Foto: Skottel en Spens

Die lensies kan ook oornag geweek word. Raadpleeg die instruksies op die verpakking.

Bestanddele:

  • 1 ui, gekap
  • 1 wortel, in dun skywe gesny
  • 1 selderystingel, dun gesny
  • 1 e botter
  • 1 k lensies
  • 500 g skenkelbene
  • 3 k water (as alternatief kan 3 k vleisaftreksel in plaas van die
  • bene en water gebruik word.)
  • 1 t tiemie
  • 1 t pietersielie
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Braai die ui, wortel en seldery in botter in ʼn kastrol tot sag.
  2. Voeg die lensies, bene, water, tiemie en pietersielie by.
  3. Verhit dit tot kookpunt en prut dan totdat die lensies sag is – ten minste ʼn uur lank.
  4. Verwyder die bene en versap die sop in ʼn voedselverwerker.
  5. Geur dit met sout en peper en sit dit warm voor.

Bron: Skottel en Spens
Uitgewer: Duto Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.