Soorte resepte:

[Resep] Espresso-wildsburgers

Foto: Maroela Media

Espresso-wildsburgers. Foto: Maroela Media

Op 29 September vier die wêreld Koffiedag, maar hier by Maroela Media is ons so lief vir koffie, ons vier dit sommer heelweek. Om hierdie spesiale dag te vier, het ons besluit om resepte deur ʼn koffiekenner, Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, te laat ontwikkel. Hou Maroela Media dop vir heerlike en unieke koffieresepte!

Lewer ongeveer 20 – 24 burgers

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Bestanddele:

Vir die vleiskoekie: 

  • 1 kg wildsmaalvleis (week oornag in espresso)
  • 8 skeute (shots) espresso
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 snye volgraanbrood geweek in eiermengsel (50 ml melk en 4 eiers)
  • 10 ml paprika

    Foto: Maroela Media

    Foto: Maroela Media

  • 15 ml sout
  • 20 ml hoenderaftrekselpoeier
  • 15 ml sout
  • Nomu-koffiesmeer
  • Ina Paarman se Cajun Spice
  • ½ k blatjang
  • ½ k tamatiesous
  • 20 ml worcestersous

Vir die burgers:

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

  • gesondheidsrolletjies
  • blaarslaai
  • tamatie
  • gebraaide uie en sampioene
  • suurroom
  • basiliekruid en pesto

Metode: 

Vir die vleiskoekie:

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

  1. Stel die oond op 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele saam en druk in vleiskoekievorms.
  3. Bak tot bruin.

Vir die burgers:

  1. Pak in dié volgorde op elke rolletjie: blaarslaai, tamatie, vleiskoekie, uie en sampioene, suurroom, basiliekruid en pesto.

Geniet dit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.