Soorte resepte:

Resep: Familiesop

Familiesop

Familiesop. Foto: Tannie Poppie Kook

Lewer 5 liter

Sop se bestanddele:

• 1 kg vleis vir sop
• 2 rape, fyngekap
• 2 geelwortels, fyngekap
• 2 groot uie, fyngekap
• 1 wi twortel, fyngekap
• 250 ml fyngekapte seldery
• 125 ml rys
• sout en peper na smaak
• 4 liter water

Kluitjies se bestanddele:

• 250 ml koekmeelblom
• 5 ml bakpoeier
• ‘n Knippie sout
• Kookwater

Berei die sop:

1. Meng al die bestanddele en kook 4 uur lank saam.

Berei die kluitjies:

1. Sif die droe bestanddele saam.
2. Maak dit met kookwater aan edit moenie slap wees nie).
3. Skep lepels vol deeg bo-op die kokende sop.
4. Sit die kastrol se deksel op en prut 15 minute lank sonder om die deksel op te lig.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.