Soorte resepte:

Resep: Forelterrien

Ferelterrien (Foto: Lapa-uitgewers)

Terrien is ʼn veelsydige Franse gereg wat tot sy reg kom as dit by kamertemperatuur voorgesit word. Dit is heerlike somerkos om saam met varsgebakte brood, melba-roosterbrood of ʼn bros pasteikors te geniet.

Bestanddele

  • 100 g botter, saggemaak
  • 10g vinkel, fyngekap
  • 10 g pietersielie, fyngekap
  • 10 g grasuie, fyngekap
  • sout na smaak
  • skiI van 1 suurlemoen, fyngerasper
  • 1 filet gepekelde forel

Metode

  1. Meng die botter, kruie en grasuie in ʼn mengbak of voedselverwerker om ʼn smeer te vorm. Geur met sout en voeg die fyngerasperde suurlemoenskil by.
  2. Sny die forelskyfies so dun as moontlik met ʼn baie skerp mes.
  3. Berei ʼn mini-broodpannetjie voor deur dit met kleefplastiek uit te voer. Pak eers ʼn laag forel en dan ʼn ewe dik laag kruiebotter onder in die pannetjie. Pak dan nog ʼn laag forel bo-op die botter en hou so aan totdat jy al die forel en botter opgebruik het. Eindig met ʼn laag forel.
  4. Bedek die terrien met kleefplastiek en plaas iets bo-op om dit te kompakteer.
  5. Laat oornag in die yskas staan.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

nee man ·

Hierdie resep is verseker baie lekker, maar $$$$$ wat nou in my petrol tenk gaan

Sophia ·

Resep lyk wel liplekker maar plaas groot asseblief iets wat meer bekostigbaar is

Louwrens ·

Hi Sophia
Die gereg is vir my beskostigbaar maar vir ander dalk nie, “Foie gras” is dalk vir ander bekostigbaar, maar nie vir my nie. Ek is seker daar is ander resepte wat jou sak sal pas, klik net op die “resepte” skakel.

Louwrens ·

Baie dankie vir die resep, ek gaan die een moet toets. Lyk heerlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.