Soorte resepte:

Resep: Frikkadelpastei

Bestanddele vir die frikkadelle:

Frikkadelpastei. Foto: Tannie Poppie Kook

Frikkadelpastei. Foto: Tannie Poppie Kook

• 1 kg maal vleis
• 250 ml geweekte brood (in melk)
• Sout en peper na smaak
• 2 eiers

Bestanddele vir die tertkors:

• 500 ml koekmeelblom
• 10 ml bakpoeier
• ‘n Knippie sout
• 250 ml botter of margarien
• 1 eier
• 5 ml water

Berei die frikkadelle:

1. Meng die maal vleis, brood, sout en peper en 1 geklitste eier goed saam.
2. Klits die ander eier apart.
3. Vorm frikkadelle en smeer hulle met die ander geklitste eier (dan breek die frikkadelle nie).

Berei die tertkors:

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
2. Sif die droë bestanddele saam.
3. Vryf die botter of margarien met die vingers in (dit moet soos mieliemeel lyk).
4. Klits die eier en water goed saam.
5. Meng met ‘n slaplemmes om ‘n stywe deeg te vorm.
6. Rol die deeg dun uit, voer ‘n gesmeerde oondbak daarmee uit en sit die frikkadelle in.
7. Sit nog ‘n lagie deeg bo-oor en sny met ‘n skerp mes ‘n paarsnytjies in.
8. Bak 30 minute lank.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sandra ·

Baie maklik om te maak en baie lekker Self vir die grooste smulpaap Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.