Soorte resepte:

Resep: Garing-varkvleis

Gevlokte varkvleis (Foto: Lapa-uitgewers)

Die gereg word in ʼn prutpot voorberei!

Lewer 8 tot 10 porsies

Bestanddele

  • 15 ml bruinuiegeursel
  • 15 ml knoffelvlokkies
  • 10 ml fyngerasperde, vars gemmer
  • 7 ml fyn kruienaeltjies
  • 7 ml fyn wonderpeper
  • 7 ml gedroogde tiemie
  • 7 ml mosterdpoeier
  • 10 ml sout
  • 5 ml gerookte paprika
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml suiker
  • 5 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2,5 ml rooipeper
  • 1,5 kg varkvleis, in blokkies gesny
  • 250 ml appelbier of appelsap
  • 1 lourierblaar
  • 8 – 10 broodrolletjies

Metode

  1. Meng die bruinuiegeursel, knoffelvlokkies, gemmer, kruienaeltjies, wonderpeper, tiemie, mosterdpoeier, sout, paprika, komyn, suiker, swartpeper en rooipeper in ʼn mengbakkie.
  2. Vryf die speserymengsel goed deur die vleis en skep die vleis in die prutpot se bak. Giet die appelbier of appelsap oor die vleis en voeg die lourierblaar by. Stel die prutpot op laag vir 8 uur.
  3. Skep die vleis uit met ʼn gaatjieslepel en pluis dit met twee vurke. Skep enige oortollige vet van die sous af en giet ʼn paar lepels van die sous oor die vleis.
  4. Skep die vleis op die broodrolletjies en rond dit af met braaisous, tamatieskyfies en blaarslaai.

Bron: 50 prutpotgeregte deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.