Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 6 jongtamaties
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- olyfolie
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- ½ suurlemoen se skil
- ¼ suurlemoen se sap
- 1 e balsamiese asyn
- ½ k droë rooiwyn
- ½ k room
- 400 g garnale (gevries of vars, sonder skulp en aar)
- hand vol jongspinasie, fyn gekap
- 100 g ricotta
- vars basielkruidblare
Metode
- Sny die jongtamaties in die helfte en braai saam met die knoffel in olyfolie in ’n diep braaipan. Voeg die tamaties by en laat dit vir 2 minute prut.
- Voeg die suurlemoenskil en -sap, balsamiese asyn en rooiwyn by. Laat vir 5 minute prut om die sous effe af te kook. Voeg die room by en laat vir nog 2 minute prut.
- Plaas die garnale in die sous, plaas die deksel op die pan en kook vir 5-8 minute. Roer af en toe. Maak seker die garnale is deeglik gaar (dit sal pienk word sodra dit gaar is).
- Strooi die gekapte spinasie by en roer.
- Sit voor op ’n bed zucchini-linte.
- Krummel laastens die ricotta bo-oor en garneer met vars basielkruidblare.
Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa