Soorte resepte:

Resep: Gebakte macaroni-en-biltong

Gebakte macaroni-en-biltong (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié pasta sal die hup in jou stap sit vir die week!
Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 500 g (1 pak) macaroni
  • 10 ml sout
  • olie
  • 2 uie, fyngekap
  • 2,5 ml gemengde droë kruie
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 500 ml gekerfde biltong
  • 125 ml gerasperde Cheddarkaas

WITSOUS

  • 75 ml botter
  • 165 ml koekmeel
  • 1,5 liter warm melk
  • 2 ml sout
  • knippie peper
  • 1 ml mosterdpoeier
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak van 18 cm x 26 cm met kossproei.
  2. Kook die macaroni tot net gaar in borrelende water waarby ’n bietjie sout en olie gevoeg is. Dreineer dit en roer ’n bietjie olie deur.
  3. Verhit olie en soteer die uie en kruie tot die uie sag is.
  4. Voeg die soetrissie by en soteer nog ’n bietjie. Roer die biltong by en soteer nog 2 minute. Verwyder dit van die hitte.
  5. Smelt die botter in ’n groot kastrol. Roer die koekmeel by tot gemeng.
  6. Voeg die warm melk stadig by terwyl geroer word sodat dit nie klonte vorm nie. Kook dit oor matige hitte tot die witsous dik is. Geur dit met sout en peper.
  7. Meng die mosterdpoeier met ’n bietjie van die witsous tot glad. Voeg die mosterdmengsel by die witsous, roer deur en laat dit nog 2 minute lank kook. Verwyder dit van die hitte. Roer die helfte van die kaas by en meng goed.
  8. Meng die macaroni en biltongmengsel. Skep die helfte van die mengsel in die oondbak.
  9. Skep die helfte van die witsous bo-oor, gevolg deur die oorblywende macaroni-mengsel.
  10. Skep die res van die witsous bo-oor en strooi kaas oor.
  11. Bak dit 20 minute lank of tot die kaas goudbruin is.

Bron: Beste uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.