Soorte resepte:

[Resep] Gebakte tamatiehoender

Gebakte tamatiehoender. Foto: Koskas Kos

Gebakte tamatiehoender. Foto: Koskaskos

Die heerlike en eenvoudige gebakte tamatiehoender lewer vier tot ses porsies.

Bestanddele:

  • 6 hoenderborsies
  • Een 500 g pakkie gemengde botterskorsie- en patatblokkies
  • Een 400 g bottel Napolitaanse sous
  • 500 g pakkie kersietamaties
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ‘n Handvol roketblare vir garnering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C
  2. Rangskik die hoender, botterskorsie en patat in ‘n enkellaag in ʼn oondvaste bak.
  3. Giet die Napolitaanse sous oor die hoender en bak vir 40 minute.
  4. Verwyder die hoender uit die oond, voeg die tamaties by en bak vir ‘n verdere 40 minute.
  5. Geur na smaak en garneer met die roketblare. Sit met ‘n groenslaai voor.

Bron: Koskaskos deur François Ferreira
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Wat se goed is Napolitaanse sous. Nog nooit gesien of in winkel rakke gesien nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dries

‘n Napolitaanse sous is ‘n tamatiebasissous, mens kan dit gewoonlik in enige supermark koop.
Klik hier vir ‘n byvoorbeeld van die Napolitaanse sous wat Woolworths verkoop.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.