Die heerlike en eenvoudige gebakte tamatiehoender lewer vier tot ses porsies.
Bestanddele:
- 6 hoenderborsies
- Een 500 g pakkie gemengde botterskorsie- en patatblokkies
- Een 400 g bottel Napolitaanse sous
- 500 g pakkie kersietamaties
- Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- ‘n Handvol roketblare vir garnering
Metode
- Voorverhit die oond tot 180°C
- Rangskik die hoender, botterskorsie en patat in ‘n enkellaag in ʼn oondvaste bak.
- Giet die Napolitaanse sous oor die hoender en bak vir 40 minute.
- Verwyder die hoender uit die oond, voeg die tamaties by en bak vir ‘n verdere 40 minute.
- Geur na smaak en garneer met die roketblare. Sit met ‘n groenslaai voor.
Bron: Koskaskos deur François Ferreira
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Wat se goed is Napolitaanse sous. Nog nooit gesien of in winkel rakke gesien nie.
Dagsê Dries
‘n Napolitaanse sous is ‘n tamatiebasissous, mens kan dit gewoonlik in enige supermark koop.
Klik hier vir ‘n byvoorbeeld van die Napolitaanse sous wat Woolworths verkoop.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media