Soorte resepte:

Resep: Gebraaide soet brandrissie-steurgarnale

Foto: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek

Foto: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek

Die naam “garnaal” en “steurgarnaal” word dikwels omgeruil, aangesien hierdie skaaldiere baie gemeen het: Hulle het albei tien bene, kom in vars water of soutwater voor, en leef op die bodem, hetsy in die see of ’n rivier. Hoewel hulle biologies verskil, kan jy enige soort gebruik – na gelang van grootte, geur en of hulle op ʼn omgewingsverantwoordelike manier gevang of geteel is.

Jy benodig:

’n paar houtsosatiestokkies

Bestanddele:

  • 12 tiersteurgarnale, ontaar, maar behou die kop en stert
  • sout en peper na smaak
  • 50 ml soet brandrissiesous
  • 25 ml sesamolie
  • 25 ml sojasous
  • vars suurlemoen, in wiggies gesny

Metode:

  1. Spoel die steurgarnale goed af, maar hou hulle heel.
  2. Lê elke steurgarnaal plat op die werkoppervlak neer en druk ’n sosatiestokkie deur elkeen.
  3. Geur met sout en peper.
  4. Meng die soet brandrissiesous, sesamolie en sojasous saam. Bedruip die steurgarnale daarmee terwyl hulle oor baie warm kole of onder die oondrooster gebraai word. Moenie te lank kook nie – net tot gaar!
  5. Sit onmiddellik voor met die suurlemoenwiggies.

Bron: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.