Soorte resepte:

Resep: Gekrummelde hoenderrepies

Gekrummelde hoenderrepies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié resep is ʼn gesonder weergawe van jou gunstelingdis, gekrummelde hoenderrepies. Beproef dit gerus om die nuwe jaar op ʼn gesonde voet af te skop.

Bestanddele

  • 4 groot hoenderfilette
  • 3 e rou heuning
  • 4 eiers, geklits
  • 4 t olyfolie

KRUMMELLAAG

  • 1 k amandelmeel
  • 2 opgehoopte e sesamsaad
  • 1 opgehoopte t fyngemaakte knoffel
  • ½ t woestyn- of pienk sout
  • 2 opgehoopte t uievlokkies
  • 1 opgehoopte t gedroogde pietersielie

AFRONDING

  • ½ t paprika

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Spuit ’n bakplaat met kossproei.
  3. Kap die hoender met die kant van ’n piering tot sag en sny in repies.
  4. Plaas in ’n mengbak en bedruip met heuning tot al die repies geseël is.
  5. Meng die bestanddele vir die krummellaag.
  6. Klits die eiers.
  7. Doop die repies in die eier, rol in die krummels en plaas op die bakplaat.
  8. Bak vir 10 minute, haal uit die oond, bedruip met olyfolie, besprinkel met paprika en plaas terug in die oond vir nog 5 minute tot goudbruin. Sit warm of koud voor.

Bron: Karlien kan nie kook nie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Devil ·

“Raw honey is only strained before it’s bottled, which means it retains most of the beneficial nutrients and antioxidants that it naturally contains. Conversely, regular honey may undergo a variety of processing, which may remove beneficial nutrients like pollen and reduce its level of antioxidants.”

Rocketscientist ·

‘n Bemarkingsfoefie, soos ‘organiese groente’. As groente bv. nie ‘organies’ is nie is dit ‘n mineraal/klip óf sinteties/plastiek. Niemand eet klippe nie, maak ook nie plastiek groente om te eet nie.
Heuning kan nie ‘gaargemaak’ word nie, wel, ek ken niemand wat dit doen nie, alle heuning is dus ‘rou’.
Dit is soos om te sê; teken ‘n ’ronde’ sirkel.

Griet ·

Onverwerkte heuning – kan nog in koeke wees of darem deur moeseliendoek “gesif”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.