Soorte resepte:

Resep: Geroosterde calamari met Viëtnamese doopsous

Geroosterde calamari met Viëtnamese doopsous (Foto: Gunsteling braairesepte)

Skep vandag iets eksoties uit alledaagse bestanddele.

Genoeg vir 4

BESTANDDELE

Geroosterde calamari

  • 50 g mielieblom
  • 1 e (15 ml) koekmeel
  • 2 t (10 ml) varsgemaalde swartpeper
  • 1 t (5 ml) growwe seesout
  • ½ t (2 ml) rooipeper
  • ½ t (2 ml) fyn gemmer
  • 300 g calamaribuise
  • 200 g inkviskoppe
  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • 1 e (15 ml) botter

Viëtnamese doopsous

  • ⅓ k (80 ml) strooisuiker
  • 1 k (250 ml) Manhattan Apple Mint Green Iced Tea
  • 1 e (15 ml) fyngerasperde vars gemmer
  • 1 e (15 ml) Thaise vissous
  • 1 e (15 ml) gekapte vars koljanderblare
  • 1 t (5 ml) gekapte vars kruisementblare
  • sap en fyngerasperde skil van 1 lemmetjie
  • 1 rooi brandrissie, dun gesny

METODE

Calamari

  1. Plaas die mielieblom in ’n bakkie en roer die peper, sout, rooipeper en fyn gemmer by.
  2. Gebruik kombuispapier om die calamari en inkvis droog te druk.
  3. Roer die meelmengsel deur sodat die seekos bedek is en skud die ekstra meel af.
  4. Verhit die olie en botter op ’n plat gietysterplaat of in ’n skottel en wanneer baie warm, braai die calamari en inkvis in sarsies, 2-3 minute aan ’n kant tot gaar en bros.
  5. Sit dadelik met die Viëtnamese doopsous voor.

Doopsous

  1. Plaas die suiker en ystee in ’n pannetjie en roer tot suiker opgelos is.
  2. Verhit tot kookpunt en prut vir 5-7 minute of tot die mengsel effens afgekook het.
  3. Verwyder van die hitte en laat dit heeltemal afkoel.
  4. Wanneer koud, roer die oorblywende bestanddele by.

Bron: Gunsteling braairesepte

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dawie ·

Twee tot drie minute is heeltemaal te lank. Dit sal so taai wees soos ou skoensole. Braai tussen 30 tot 40 sekondes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.