Dié prego’s kry ʼn lekker byt met jalapeno-rissies.
Bedien 4-6
Bestanddele
MARINADE
- Clover Tropica-pynappelsap
- gesmelte Clover Springbok-botter
- 1 e (15 ml) cajun- of Mexikaanse speserymengsel
- 4-6 hoenderborsfilette, platgedruk
- OPDIENING
1 pynappel, geskil en gesny - 4-6 meelbestrooide of ciabatta-rolletjies
- ¼ k (60 ml) mayonnaise
- 1 pakkie gemengde slaaiblare of roketblare
- 4-6 skyfies Clover-cheddar- of goudakaas
- ¼ k (60 ml) jalapeño-rissies, in skyfies gesny
Metode
- Meng die marinadebestanddele deeglik en verf oor die hoender. Bedek en verkoel in die yskas vir ten minste 30 minute.
- Verwyder hoender uit die marinade en rooster op die braai vir 4-5 minute aan elke kant tot gaar en sag.
- Rooster die pynappelskywe op die braai, 2-3 minute aan elke kant. Verf die oorblywende marinade oor die pynappel terwyl dit rooster.
- Rangskik die slaaiblare op die rolletjies, skep ʼn bietjie mayonnaise op en plaas die hoender op.
- Rond die pregorolletjies af met ʼn skyfie kaas, van die geroosterde pynappel en jalapeñoskyfies.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa