Soorte resepte:

Resep: Gevulde beesfilet met pepersous

Foto: Leserskring Spogresepte

Foto: Leserskring Spogresepte

Vicky Swart, Hartbeespoort

Lewer 3-4 porsies

Bestanddele:

Vulsel

  • 125 ml vars broodkrummels
  • 125 ml makadamianeute, gekap
  • 5 ml gekapte vars roosmaryn
  • 37,5 ml knoffelbotter

Beesfilet

  • 1 beesfilet, in dik skywe gesny
  • sout en peper
  • varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml botter of margarien
  • 30 ml peperkorrels, gekraak
  • 60 ml brandewyn
  • 200 ml room

Metode:

Om die vulsel te maak:

  1. Meng al die bestanddele saam. Maak ’n snit in elke filetskyf en plaas van die vulsel daarin. Druk effe plat en seëI die opening van elke filetskyf met tandestokkies.
  2. Smeer die res van die vulsel oor die filette en braai dit in ’n warm pan tot bruin aan weerskante. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.
  3. Haal die tandestokkies uit die filetskywe. Draai elke filetskyf vinnig apart toe in kleefplastiek en laat eenkant staan. Dit maak die vleis effe gaarder en baie sagter.

Gebruik dan res van die bestanddele só:

  1. Voeg die botter en peperkorrels by die pansappe en roer tot gesmelt.
  2. Giet die brandewyn by om die vet te neutraliseer. Kook dit vinnig tot die vloeistof verdamp.
  3. Voeg die room by en geur na smaak.
  4. Haal die kleefplastiek af en plaas die filette terug In die pan. Prut vir ’n paar minute tot die sous verdik.
  5. Sit voor met oondgeroosterde groente wat met balsemiekasyn bedruip is.

Bron: Leserskring Spogresepte
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Geurt ·

Metode maak nie sin nie. Dit begin met voeg alle bestandele saam en later gebruik dit room om te verdik ens. Klink lekker maar kyk weer na metodiek asb
Dankie

Adéle Changuion ·

Hallo Geurt,

Baie dankie vir jou navrae, ons het ‘n wysiging aangebring. Ek hoop dit is nou duideliker.

Groete
Adéle nms Maroela Media

Ursula Marx ·

Ek wou nie maar ek gaan. Ek glo dis smul lekker maar die foto van die fillet is gladnie aptydwekkend nie. Lyk bietjie soos ‘n rou seer.

Ben ☺☺☺ ·

Gaan jy nou die ding weer “well done” verkool ?

Ursula Marx ·

Hi Ben. Jy lees nie mooi. Ek se die foto van die fillet is nie aptydwekkend nie. Dit so dalk beter gelyk het as die hele fillet in skywe gesny is en so voorgesit is. En nee ek verkues ook my fillet “blue”.

Andre ·

Nee dankie, met respek gese, as ek hierdie fillet so kyk, dan eet ek eerder groente.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.