Soorte resepte:

Resep: Gevulde hoenderborsies en suurkool

Gevulde hoenderborsies en suurkool (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike ligte ete.

Lewer 2-4 porsies

Bestanddele

  • 2 e botter
  • 1 bruinui, fyn gekap
  • 1 prei, in dun skywe gesny
  • 1 rooi soetrissie, fyn gekap
  • ¼ t witpeper
  • ½ t paprika
  • 1 t droë oreganum
  • ½ t knoffelpoeier
  • varsgemaalde sout
  • 1 k mozzarella
  • 4 hoenderborsies
  • 8 streepspekvleisrepies
  • 200 g witkool, dun gesny
  • 2 e sonneblomsade
  • ½ suurlemoen se sap
  • varsgekapte pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die botter oor matige hitte in ʼn Braai die ui en prei vir 2 minute. Voeg die rooi soetrissie by en braai vir nog 2-3 minute.
  3. Verplaas die mengsel na ʼn mengbak. Voeg die witpeper, paprika, oreganum, knoffelpoeier en sout by. Roer goed deur. Voeg die mozzarella by en meng weer. Plaas die vulsel eenkant.
  4. Gebruik ʼn skerp mes om ʼn gaatjie versigtig in die lengte (ongeveer 5 cm) vir die vulsel in die dikste kant van die hoenderborsies te sny. Moenie die hoenderborsies heeltemal in die helfte deursny nie.
  5. Vul elke borsie met 1-2 e vulsel.
  6. Draai die hoenderborsies toe met twee repies spekvleis elk. Plaas die borsies in ʼn diep bakplaat en plaas die bak vir ongeveer 30 minute in die oond.
  7. So ongeveer 10 minute voordat die hoender gaar is, braai die kool vir 2-3 minute in olyfolie in ʼn diep braaipan oor hoë Voeg die sonneblomsade by. Druk suurlemoensap oor die kool uit. Braai vir nog 2-3 minute.
  8. Die hoender sal gaar wees as jy die borsie met ʼn mes prik en die sap helder is. Plaas vir die laaste 5 minute onder die rooster.
  9. Garneer met vars gekapte pietersielie en ʼn behoorlike hongerlus.

Bron: Armand kook kaal

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E.K. die eerste ·

Nommer 3 in die Metode? “Verplaas die mengsel na ‘n…”? Seker “mengbak” Maroela?

Janie Monsieur ·

Dagsê E.K die eerste,

Dankie vir jou kommentaar, die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.