ʼn Heerlike ligte ete.
Lewer 2-4 porsies
Bestanddele
- 2 e botter
- 1 bruinui, fyn gekap
- 1 prei, in dun skywe gesny
- 1 rooi soetrissie, fyn gekap
- ¼ t witpeper
- ½ t paprika
- 1 t droë oreganum
- ½ t knoffelpoeier
- varsgemaalde sout
- 1 k mozzarella
- 4 hoenderborsies
- 8 streepspekvleisrepies
- 200 g witkool, dun gesny
- 2 e sonneblomsade
- ½ suurlemoen se sap
- varsgekapte pietersielie
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smelt die botter oor matige hitte in ʼn Braai die ui en prei vir 2 minute. Voeg die rooi soetrissie by en braai vir nog 2-3 minute.
- Verplaas die mengsel na ʼn mengbak. Voeg die witpeper, paprika, oreganum, knoffelpoeier en sout by. Roer goed deur. Voeg die mozzarella by en meng weer. Plaas die vulsel eenkant.
- Gebruik ʼn skerp mes om ʼn gaatjie versigtig in die lengte (ongeveer 5 cm) vir die vulsel in die dikste kant van die hoenderborsies te sny. Moenie die hoenderborsies heeltemal in die helfte deursny nie.
- Vul elke borsie met 1-2 e vulsel.
- Draai die hoenderborsies toe met twee repies spekvleis elk. Plaas die borsies in ʼn diep bakplaat en plaas die bak vir ongeveer 30 minute in die oond.
- So ongeveer 10 minute voordat die hoender gaar is, braai die kool vir 2-3 minute in olyfolie in ʼn diep braaipan oor hoë Voeg die sonneblomsade by. Druk suurlemoensap oor die kool uit. Braai vir nog 2-3 minute.
- Die hoender sal gaar wees as jy die borsie met ʼn mes prik en die sap helder is. Plaas vir die laaste 5 minute onder die rooster.
- Garneer met vars gekapte pietersielie en ʼn behoorlike hongerlus.
Bron: Armand kook kaal
Uitgewer: Lapa
Nommer 3 in die Metode? “Verplaas die mengsel na ‘n…”? Seker “mengbak” Maroela?
Dagsê E.K die eerste,
Dankie vir jou kommentaar, die berig is gewysig.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media