Soorte resepte:

Resep: Gevulde varkworsies met soetsuur sous

Gevulde varkworsies met soetsuur sous (Foto: Lapa-uitgewers)

Die perfekte kombinasie van geure.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 8 varkworsies
  • 20 ml aangemaakte mosterd
  • 20 ml tamatiesous
  • 20 ml mayonnaise
  • 2 groot agurkies, in die lengte in dun skywe gesny
  • 8 Cheddarkaasvingers
  • 8 repies ontbytspek, swoerd verwyder

SOETSUUR‑SOUS

  • 440 g (1 blik) fyn pynappel
  • 1 agurkie, in ringetjies gesny
  • 20 ml gekapte soetrissie
  • 1 piekelui, geskil en fyngekap
  • 15 ml heuning
  • 15 ml sojasous
  • 10 ml asyn
  • 25 ml tamatiesous
  • 10 ml mielieblom

Metode

  1. Sny die worsies in die lengte sonder om hulle dwarsdeur te sny.
  2. Meng die mosterd, tamatiesous en mayonnaise en smeer binne-in die worsies.
  3. Plaas ’n agurkieskyf en ’n kaasvinger in elke worsie. Draai toe in ’n reep ontbytspek en steek met tandestokkies vas.
  4. Verhit die sousbestanddele, behalwe mielieblom, saam. Prut 10 minute lank en verdik met die mielieblom.
  5. Rooster die worsies 15-20 minute lank sowat 100 mm bo koel kole.
  6. Sit dadelik met die sous voor.

Bron: Lekker & Vinnig: Worsgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.