Soorte resepte:

Resep: Groenboontjiebredie

Groenboontjiebredie (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak hierdie bredie saam met rys of stampmielies en jy het ʼn heerlike maaltyd!

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 30 ml kookolie
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 kg skaapstowevleis
  • 1 kg groenboontjies, skoongemaak en gekap
  • 250 ml water
  • 4 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 30 ml visolie

Metode

  1. Verhit die kookolie in ʼn swaarboomkastrol en voeg die ui en vleis by.
  2. Stowe die ui en vleis tot dit sag is en voeg dan die groenboontjies by.
  3. Voeg die water by en verhit tot kookpunt.
  4. Voeg die aartappels en visolie by en laat die bredie prut tot die aartappels sag is.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Katerina ·

Ek maak dit gereeld, veral in die winter. Ek is grootgemaak met baie bredies, groenboontjie of tamatie of wortel of beste van alles waterblommetjie bredie. So ek maak dit gereeld, dis gesond en vullend.

Piet ·

Ja, ek maak dit ook gereeld, hierdie is net nie ń baie goeie resep nie, waars die tamatie, wortels, naeltjies, knoffel, peper, lourierblare om net van ń paar bestandele te praat, ek dink nie dít sal baie geurig wees nie.

Sarie ·

Wat is die verskil tussen vis en kookolie? Dink ook sout en peper is uitgelaat.

Piet ·

Sarie, ek dink met visolie bedoel hulle eintlik “fish sauce” wat in Oosterse kookkuns gebruik word, ek kan nie dink wat anders dit kan wees nie, tensy dit gebruikte olie is wat gebruik is om vis te braai, maar dit maak nie sin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.