Soorte resepte:

Resep: Groenste hoenderbakkie

Groenste hoenderbakkie (Foto: Lapa-uitgewers)

“Ons word van kleins af vertel hoe gesond groen groente is. Dit is baie waar, maar baie van ons vermy dit steeds weens die mite dat ‘groen’ gelyk is aan ‘sleg’. Kom ek wys jou hoe groen, gesond en lekker ek ʼn gereg kan maak,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • olyfolie
  • 2 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
  • 1 prei, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gesny
  • 1 k brokkoli, grof gekap
  • 4 murgpampoentjies, in skywe gesny
  • 1 k jongspinasie
  • 250 ml suurroom
  • 1 k ertjies
  • 1 e basiliekruidpesto
  • 1 e pampoensade
  • varsgemaalde sout en peper
  • grasuie, gekap

Metode

  1. Gooi olyfolie in ’n braaipan en braai die hoenderborsblokkies tot ligbruin. Maak seker dat dit nie gaar word nie, want dit word later weer bygevoeg. Hou dit eenkant in ’n bakkie.
  2. Voeg nog olyfolie in die braaipan en braai die prei en knoffel saam vir 1 minuut.
  3. Voeg die brokkoli en murgpampoentjies by en braai tot halfgaar.
  4. Voeg die hoender by die groente. Voeg die jongspinasie by en roer goed deur.
  5. Roer die suurroom by die hoender in en voeg die ertjies by. Plaas ’n deksel op die pan en laat dit vir 3-5 minute prut.
  6. Roer die basiliekruidpesto en pampoensade by en laat weer vir 2 minute prut. Geur met varsgemaalde sout en peper.
  7. Bedien in bakkies (groen bakkies indien moontlik om heeltemal oorboord met die tema te gaan).
  8. Garneer met die varsgekapte grasuie.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

My vrou het die resep vanoggend gesien en my laat weet sy gaan dit vanaand vir ons maak. Ek het haar maar nou laat weet, sy moet dit maar maak vir haar, ek sal ongelukkig moet laat werk, sal sommer vir my iets bestel en laat aflewer:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.