Soorte resepte:

Resep: Heerlike gebakte hoenderporsies

Argieffoto

Argieffoto

Lewer 6 porsies

Bestanddele:
1 pakkie (69 g) beesstertsoppoeier
1 pakkie (69 g) dik groentesoppoeier
1 groot hoender in porsies gesny of 8 hoenderdye
200 ml (¾ k) water

Metode:
1. Stel oond op 180⁰C.
2. Meng pakkies soppoeier.
3. Rol elke hoenderstuk in die soppoeiermengsel totdat dit dik daarmee bedek is.
4. Pak hoenderstukke in ʼn kasserol met ʼn deksel.
5. Gooi die water bo-oor.
6. Sit die deksel op en bak 45 minute in die middel van die oond.
7. Haal die deksel af en bak verder totdat die hoenderstukke begin verbruin.
8. Sit warm of koud voor.

Resep: Mollie de Witt
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.