Soorte resepte:

Resep: Heerlike wors en sousboontjies

Heerlike wors en sousboontjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Weet jy al wat jy vir Braaidag gaan maak om te eet?

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 2 uie, geskil en in ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 10 ml kerriepoeier
  • 25 ml olie
  • 410 g (1 blik) gebakte boontjies in tamatiesous
  • 410 g (1 blik) heel tamaties, gedreineer en gekap
  • 50 ml tamatiesous
  • 15 ml sojasous
  • 5 ml Worcestershire-sous
  • 10 ml bruinsuiker
  • 5 ml vars of 2 ml droë oreganum
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 800 g boerewors
  • 1 tamatie

Metode

  1. Soteer die uie, knoffel en kerrie in die olie.
  2. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die wors en heel tamatie, by en prut 10 minute lank.
  3. Draai die wors om die tamatie om ’n sirkel te vorm en steek dan ’n vleispen deur die tamatie en die wors.
  4. Rooster 15-20 minute lank 100 mm oor matige kole.
  5. Sit dadelik met die boontjiemengsel en stywepap voor.

Variasie: Gebruik ’n dun wors en kersietamaties om vir elkeen sy eie klein worssirkel te maak.

 

Bron: Braaitreffers deur Hannetjie Joubert

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PIETER ·

Braai die wors soos bo, maar gebruik ‘n knoffel panini. Sny dit oop, en plaas die gaar wors binne, trek die stokkie uit, en jy het ‘n heerlike wors burger

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.