Weet jy al wat jy vir Braaidag gaan maak om te eet?
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele
- 2 uie, geskil en in ringe gesny
- 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
- 10 ml kerriepoeier
- 25 ml olie
- 410 g (1 blik) gebakte boontjies in tamatiesous
- 410 g (1 blik) heel tamaties, gedreineer en gekap
- 50 ml tamatiesous
- 15 ml sojasous
- 5 ml Worcestershire-sous
- 10 ml bruinsuiker
- 5 ml vars of 2 ml droë oreganum
- 5 ml sout
- varsgemaalde swartpeper
- 800 g boerewors
- 1 tamatie
Metode
- Soteer die uie, knoffel en kerrie in die olie.
- Voeg die res van die bestanddele, behalwe die wors en heel tamatie, by en prut 10 minute lank.
- Draai die wors om die tamatie om ’n sirkel te vorm en steek dan ’n vleispen deur die tamatie en die wors.
- Rooster 15-20 minute lank 100 mm oor matige kole.
- Sit dadelik met die boontjiemengsel en stywepap voor.
Variasie: Gebruik ’n dun wors en kersietamaties om vir elkeen sy eie klein worssirkel te maak.
Bron: Braaitreffers deur Hannetjie Joubert
Braai die wors soos bo, maar gebruik ‘n knoffel panini. Sny dit oop, en plaas die gaar wors binne, trek die stokkie uit, en jy het ‘n heerlike wors burger