Soorte resepte:

[Resep] Hoender-en-appelkoosbredie

hoender-en-appelkoosbredie

Hoender-en-appelkoosbredie. Foto: Lekker en Vinnig

Met sulke heerlike resepte kan die winter maar kom!

(Uit: Vinnig en Maklik: Resepte uit Vrouekeur 2, Marlo Carstens)

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

Marinade

  • 30 ml heuning
  • 45 ml bruinsuiker
  • 45 ml olie
  • 30 ml sojasous
  • 30 ml asyn
  • 5 ml droë gemengde kruie

Bredie

  • bietjie olie
  • 1 kg hoenderstukke
  • 20 pekeluie
  • 6 wortels, in skyfies gesny
  • 6 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 250 g (1 pak) sampioene, in skyfies gesny
  • 250 ml droë witwyn
  • 10 ml bruinsuiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ml gekapte vars pietersielie
  • 125 ml gedroogde appelkose

Metode:

  1. MARINADE: Meng die bestanddele vir die marinade saam. Plaas die hoenderstukke daarin en laat vir 1 uur of oornag marineer. Behou die marinade.
  2. BREDIE: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die hoender tot goudbruin. Skep dit uit.
  3. Verhit nog olie indien nodig en soteer die uitjies tot glansend.
  4. Skep die hoenderstukke terug in die kastrol en voeg die marinade by. Voeg die oorblywende bestanddele, behalwe die appelkose, by. Plaas ’n deksel op en laat prut stadig vir 1 uur tot die hoender sag is.
  5. Voeg die appelkose by en laat prut vir nog 30 minute tot die appelkose uitgeswel is.
  6. Sit dadelik voor.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.