Soorte resepte:

Resep: Hoender- en grondboontjiegereg

Hoender-en-grondboontjie-gereg

‘n Hoender en grondbootjie gereg. Foto: Kos is oppie tafel se Facebookblad.

Probeer hierdie unieke hoendergereg van Willie Strauss, die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram Kos is oppie tafel:

Bestanddele:

  • 1 pak hoendervlerkies (maak splete in hoender vir geur)
  • 150 g grondboontjiebotter
  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 80 ml heuning
  • Skil van een suurlemoen
  • Grondboontjies vir versiering
  • 1 suurlemoen
  • Sout en peper

Metode:

  1. Verhit oond tot 180 grade.
  2. Rasper die skil van een suurlemoen en sny middeldeur.
  3. Meng die jogurt en grondboontjiebotter goed saam.
  4. Voeg heuning en die sap van die suurlemoen by en meng goed.
  5. Plaas hoendervlerkies in ‘n oondvaste bak.
  6. Gooi die grondboontjiebottermengsel oor die hoender.
  7. Meng die sous en die hoender goed, sodat al die hoender sous kry.
  8. Voeg bietjie sout en peper by.
  9. Plaas deksel op en bak in oond vir 30 tot 40 minute.
  10. Gooi grondboontjies op wanneer gaar.

Bron:

Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AP ·

O wee, weet nie of ek die kos sal kan eet nie, dit lyk dan nes……..

Anoniem ·

Willie strauss hoeveel vlerkies is in jou 1 pak hoendervlerkies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.