Jy hoef nie ʼn sjef te wees om dié resep te bemeester nie. Dis doodeenvoudig om aanmekaar te slaan – niemand het lus om op ʼn Dinsdag ure agter die potte te staan nie!
Genoeg vir 6
Bestanddele
- ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
- 1 e (15 ml) kerriepasta
- 1 t (5 ml) garam masala
- 1 t (5 ml) borrie
- 1 knoffelhuisie, gepers
- 800 g hoenderfilette, in blokkies gesny
- 2 e (30 ml) Clover Springbok-botter
- 1 e (15 ml) olie
- 2 uie, geskil en fyn gekap
- ½ k (125 ml) hoenderaftreksel
- ¼ k (450 g) sultanas
- ¼ k (50 g) gemaalde amandels
- ½ k (125 ml) Clover- vars room
- sout en varsgemaalde swartpeper
- ½ k (25 g) gevlokte amandels, lig gerooster
Metode
- Meng die suurroom, kerriepasta, garam masala, borrie en knoffel in ’n glasbak.
- Roer die hoender by totdat al die blokkies bedek is en bedek die bak met kleefplastiek.
- Marineer 1 tot 2 uur in die yskas.
- Verhit die botter en olie oor lae hitte in ’n pan en soteer die uie 3 minute tot goudkleurig.
- Roer die hoender by en braai 6 tot 7 minute.
- Voeg die aftreksel, sultanas en amandels by en prut 10 minute.
- Roer die room by en geur met sout en peper. Laat prut vir nog 5 minute.
- Strooi die gevlokte amandels net voor bediening oor.
Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa uitgewers
Gaan miskien nie ure agter die potte staan nie, maar gaan ure in die winkel spandeer om alles te koop vir die een.
60 ml suurroom 1/4 k ;
125 ml vars room 1/4 k;
60 ml en 125 ml is mos nie dieselfde hoeveelheid nie ?
Sjoe, ek hoop die res van die resep se bestanddele is reg !
Dagsê Ties
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig. 125ml is inderdaad die regte hoeveelheid, dit moet net lees ½ k in plaas van ¼ k. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
watse kerriepasta, rooi of groen?