Soorte resepte:

[Resep] Hoender met dadels en heuning

Foto: Lekker en Vinnig.

Hoender met dadels en heuning. Foto: Lekker en Vinnig.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 8 hoenderboudjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • bietjie olie
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 ml water
  • 10 ml gekapte vars pietersielie
  • 1-2 heel brandrissie(s)
  • 125 g (½ pak) dadels, grofgekap
  • 100 g (1 pak) gepelde amandels
  • 60 ml heuning
  • 60 ml blatjang

Metode:

  1. Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olie in ʼn kastrol en braai die hoender tot goudbruin. Skep die hoender uit.
  2. Soteer die uie en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die water by en skep die hoender terug in die kastrol.
  3. Voeg die pietersielie, brandrissie(s) en dadels by en plaas ʼn deksel op. Laat prut stadig vir 20 minute. Moenie te veel roer nie.
  4. Haal die deksel af en laat die helfte van die vloeistof in die kastrol wegkook. Verwyder die heel brandrissie(s).
  5. Voeg die amandels, heuning en blatjang by, roer liggies.
  6. Verhit net tot deurwarm. Sit met rys en groente voor.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 2, Vrouekeur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.