Soorte resepte:

Resep: Hoenderbolognese met spek en spinasie

Hoenderbolognese met spek en spinasie (Foto: Lapa Uitgewers)

’n Heerlike en maklike hoenderbolognese vir enige geleentheid.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • ’n bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml gekapte vars knoffel
  • 2 selderystingels, gekap
  • 2 wortels, in blokkies gesny
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • 800 g hoendermaalvleis
  • 125 g (½ pak) spek, gekap
  • 65 g (1 blik) tamatiepasta
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • ± 100 g spinasieblare, fyngekerf
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g (1 pak) spaghetti
  • 250 ml fyngerasperde cheddarkaas

Metode

  1. Verhit die olie en soteer die uie en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg die seldery, wortels en kruie by en soteer nog 5 minute.
  3. Voeg die hoendermaalvleis en spek by en braai tot gaar en los van mekaar.
  4. Voeg die tamatiepasta, tamaties en hoenderaftreksel by en laat prut vir 15 minute oor matige hitte.
  5. Voeg die spinasie by en laat prut nog 10 minute. Geur met sout en peper na smaak.
  6. Kook die spaghetti in borrelende soutwater tot net gaar.
  7. Dreineer in ’n vergiettes en skep in bakkies. Skep die hoendersous bo-op.
  8. Sprinkel ’n bietjie kaas oor en dien dadelik op.

 

Bron: Lekker & Vinnig: Hoender

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.