Soorte resepte:

Resep: Hoenderfillo-rolletjies

Hoenderfillo-rolletjies (Foto: Lapa Uitgewers)

Bedien hierdie rolletjies as ’n heerlike voorgereg saam met ’n soetrissiesous.

Lewer ±24 rolletjies

Bestanddele

  • ’n bietjie olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 2,5 ml knoffelsout
  • 300 g (1 pak of 1 bos) spinasie, ontsingel en baie fyn gekerf
  • 10 ml gekapte vars pietersielie
  • 6 hoenderborsies, ontvel en ontbeen
  • 3 balletjies engelhaarnoedels
  • 2 grasuie, gekap
  • 30 ml soetrissiesous
  • 30 ml perskeblatjang
  • 5 ml sojasous
  • ’n bietjie gesmelte botter
  • 500 g (1 pak) fillodeeg

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie en soteer die ui, soetrissie en knoffelsout daarin tot net sag.
  3. Voeg die spinasie en pietersielie by en soteer vir nog 3 minute. Skep uit en hou eenkant.
  4. Voeg nog olie in die pan indien nodig en soteer die hoenderborsies tot gaar.
  5. Sny die hoender baie fyn en voeg die spinasiemengsel by. Kap nog fyner indien nodig.
  6. Bedek die noedels met kookwater en laat 10 minute staan. Dreineer en roer by die hoendermengsel.
  7. Voeg die oorblywende bestanddele, behalwe gesmelte botter, by en meng goed.
  8. Rol die fillodeeg oop en sny in stroke van 10 cm. Plaas teelepelsvol vulsel aan bopunt van deegstrook en rol op sodat die vulsel toe is. Vou die randjie van 1 cm deeg na binne. Rol die res van die vulsel in die fillodeeg op.
  9. Plaas die rolletjies op ’n bakplaat en smeer die gesmelte botter bo-oor.
  10. Bak vir 20 minute of tot goudbruin.

 

Bron: Lekker & vinnig: Hoender

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.