Soorte resepte:

[Resep] Hoenderrol

Foto: Foto: Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Hoenderrol. Foto: Foto: Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Die gereg smaak die lekkerste wanneer dit pas voorberei is, maar dit kan vir 24 uur verkoel word. Dit kan vir 30 dae gevries word.

Bestanddele:

  • 500 ml koekmeel (250 g)
  • 20 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 120 g sagte margarien
  • ± 150 ml laevetmelk
  • 350 g gaar wit hoendervleis, fyngesny (450 g indien nog rou)
  • 150 g wit cheddarkaas, gerasper
  • 1 klein ui, geskil en gerasper (50 g)
  • ± 5 ml witasyn of suurlemoensap
  • ʼn knypie fyn naeltjies
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 25 ml laevetmelk

Metode:

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien in die droë bestanddele in, totdat dit soos klam broodkrummels Iyk. Sny die melk met ʼn slaplemmes by die droë bestanddele in om ʼn stywe, rolbare deeg te vorm. Bedek en verkoel vir 30 minute. Rol die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak tot ʼn reghoek van 350 x 250 mm.
  2. Verhit die oond tot 200°C.
  3. Versprei die hoender, kaas en ui oor die deeg. Sprinkel die asyn of suurlemoensap oor die mengsel, gevolg deur die naeltjies en pietersielie.
  4. Rol die deeg soos ʼn rolkoek op. Plaas die rol, met die lasplek na onder, op ʼn gesmeerde bakplaat. Sny die rol in 10 skywe met ʼn skerp mes, maar moenie heeltemal deursny nie. Trek die skywe effens oop. Bestryk die deeg met melk.
  5. Bak vir 20-25 minute totdat dit uitgerys en goudkleurig is.

Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Reinhardt ·

hahaha! Jis ek wil nou nie snaaks wees nie, maar ek dink julle moes ‘n beter naam vir hierdie resep gekry het… sê dit bietjie hardop.

Peanut ·

Nie seker oor die laaste bestandeel wat benodig word nie…25 laevetmelk?

Landi Slatter ·

Dagsê Peanut

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning vir die oorsig, dit lees nou ’25 ml laevetmelk’.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Stephanie ·

Hehe, ja nee Reinhardt. Die naam , vinnig gese, kan verkeerd gehoor word.
Peanut, die 25ml melk is om oor die rol te smeer (wanneer gebak word gee dit mooi goue kleur).
Ek gaan dit beslis probeer vir Kersdag. Klink heerlik en is iets anders as die gewone gebakte hoender of hoenderpastei.
My mond water al.
Wil voorstel dat mens dalk sampioene ook kan by voeg. Of voorsit met n sampioen en hoender sous.

Noelleen Zietsman ·

Baie interessante artikels en fantastiese resepte! Knap gedaan!

Yvondl ·

Baie dankie vir die resepte dit lyk heerlik en my mond water, gaan dit maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.