Soorte resepte:

[Resep] Izelle Hoffman se heerlike hoendersosaties

Izelle-Hoffman-1

Izelle Hoffman. Foto: Fujifilm

Izelle Hoffman, een van Suid-Afrika se jongste opkomende sjefs, het onlangs ʼn kookklas by die Miele-kombuis in Johannesburg aangebied. Dié klas is aangebied in samewerking met Fujifilm en Zomato.

Volgens mediabeampte Janis Ellis was dit ʼn fantastiese ervaring. “Die gaste wat dit bygewoon het, het dit vreeslik geniet en baie geleer oor gesonder eetgewoontes.”

Hoffman het dié heerlike resep met Maroela Media gedeel:

Pynappel-en-soetrissie-hoendersosaties

(Lewer 4 porsies)

Bestanddele

4 hoenderborsies in blokke gesny (gebruik 1 borsie per sosatie)
vars pynappel, geskil en in blokke gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
1 medium rooi slaai-ui in blokke gesny
heuning
paprika
Cajun-speserye
sout en peper
olyfolie
origanum
sesamsaad
vars kruie vir garnering

Metode

Week die sosatiestokkies in water vir ongeveer ’n uur om te voorkom dat dit brand.
Maak die hoenderblokkies vooraf gaar sonder enige sout of kruie.
Ryg die hoender, pynappel, soetrissie en ui op die sosatiestokkies.

Meng die marinade soos volg (gebruik ’n platboombak sodat sosaties in die marinade gerol kan word):
e heuning
1 t paprika
1 t Cajun-speserye
⅟₂ t sout
⅟₂ t peper
Voeg 4-6 eetlepels warm water by sodat die heuning kan smelt.

Verhit ’n riffelpan met olyfolie.
Bedek die sosatie met die marinade deur dit in die sous te rol totdat alle kante bedek is, en braai in pan vir omtrent ’n minuut aan elke kant, terwyl dit met die origanum en sesamsaad besprinkel word.
Garneer met vars kruie en dien dadelik op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.