Soorte resepte:

[Resep] Jaco se nachos

jaco-se-nachos

Jaco se nachos. Foto: Leserskring Spogresepte

Barbara Roux, van Linden sê haar vriend, Jaco, maak hierdie dis gereeld en verseker só telkemale ’n lekker gesellige kuiertjie. Dis lekker vullend – en veral geskik vir die winter wanneer ’n mens ietsie soek om jou van binne warm te maak.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 2 uie
  • 15 ml olyfolie
  • 500 g maalvleis
  • 250 g vars sampioene, in skyfies gesny
  • blik (410 g) chakalaka (so sterk soos jy daarvan hou)
  • blaarslaai
  • rooisoetrissies
  • komkommer
  • kersietamaties
  • 1 groot pak soetrissiepeperskyfies, Doritos®
  • gerasperde kaas

Metode:

  1. Sny 1 ui in skyfies en braai in die olie tot deurskynend.
  2. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
  3. Voeg die sampioene by en braai tot die sampioene gaar is. Voeg die chakalaka by en laat goed prut.
  4. Sny die blaarslaai, die res van die uie, die soetrissies, komkommer en tamaties.
  5. Hou alles apart.

Pak dit dan soos volg op ’n groot bord:

  1. Begin met ’n laag Doritos®, gevolg deur blaarslaai, uie, soetrissies, komkommer en tamaties.
  2. Eindig met die maalvleis. Strooi die gerasperde kaas bo-op.
  3. Sit voor en val dadelik weg.

Bron: Leserskring spogresepte
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.