Soorte resepte:

[Resep] Jakkie se heerlike biltongslaai

Foto: Lekker en Vinnig

Jakkie se heerlike biltongslaai. Foto: Lekker en Vinnig

Hierdie slaai is vullend en heerlik vir die werk of sommer ʼn maklike maaltyd by die huis.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele:

Slaaisous

  • 125 ml gekapte pietersielie
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 125 ml gekapte sprietuie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2,5 ml korrelmosterd
  • 125 ml olyfolie
  • 30 ml witasyn
  • 15 ml suiker

Slaai

  • 500 ml dungekerfde biltong
  • verskeidenheid groen slaaiblare
  • 1 – 2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
  • 2 avokado’s, geskil en in skyfies gesny
  • 2 eiers, hardgekook en in kwarte gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in lang repies gesny

Metode:

  1. Slaaisous: Meng slaaisousbestandddele saam.
  2. Slaai: Plaas die biltong in die sous en laat vir minstens 2 ure of verkieslik oornag in die yskas marineer.
  3. Pak die slaaiblare op die individuele borde en rangskik die res van die bestanddele bo-op die blare. Skep die biltong en van die slaaisous oor en sit dit dadelik voor. Enige orige slaaisous kan saam met die slaai voorgesit word.

Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Proe Pretville, deur Leana Pool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AbelKNAbel ·

Dit lyk na n baie lekker resepte, behalwe dat daar geen biltong in is nie, Die naam is misleidend …

Landi Slatter ·

Dagsê AbelKNAbel

Dankie vir jou navraag. Loer gerus onder die bestanddele, die biltong is inderdaad genoem.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.