Soorte resepte:

Resep: Joe se filet met sampioensous

Joe se filet met sampioensous (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié resep kom uit Karlien van Jaarsveld se resepteboek, Karlien kan nie kook nie.

Filet

  • 1 heel filet
  • 1-2 e olyfolie
  • 1 t growwe sout
  • 1 t growwe swartpeper

Sampioensous

  • 2 e olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
  • 2 swart vars rissies, gekap
  • hand vol vars roosmarynblare, gekap
  • hand vol vars tiemieblare, gekap
  • ½ t koljandersaad
  • 300 g wilde sampioene
  • 300 g shitake-sampioene
  • growwe sout
  • 2 e botter
  • 1 rooi ui, gekap
  • 1 swart knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ t sout
  • 1 t tiemie
  • 120 ml sjerrie
  • 500 ml room
  • 50-100 ml melk
  • 1 t mielieblom

Metode

FILET

  1. Smeer die hele filet met olie.
  2. Braai oor warm kole tot so gaar soos verlang. Geur deurentyd met sout en peper.
  3. Sny in dik skywe en seël alkant oor warm kole.
  4. Verwyder van die rooster en laat rus in ’n braaibak vir 5 min.
  5. Sit voor met sampioensous, groenboontjies en vars ciabatta.

SAMPOIENSOUS

  1. Giet olyfolie in ’n diep pot oor warm kole.
  2. Roerbraai die fyngekapte knoffel van 2 knoffelhuisies, die rissie, roosmaryn, tiemie en koljander tot geurig. Voeg die sampioene by en roer deurentyd sodat dit nie brand nie. Geur met sout en voeg die botter by sodra die sampioene van kleur begin verander. Roer tot die botter deur die sampioene geabsorbeer is. Skep uit en hou eenkant.
  3. Verhit nog olyfolie en braai die ui, 1 swart knoffelhuisie, sout en tiemie.
  4. Voeg die sjerrie by en roerbraai tot die ui gekaramelliseer is. Verlaag die hitte en laat dit vir ’n paar minute prut, maar nie droogkook nie. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  5. Voeg die room by en plaas terug op lae hitte totdat dit amper begin kook. Voeg die melk by en indien verkies, nog sout en sjerrie. Roer die mielieblom by en laat prut oor lae hitte tot so dik soos verlang.
  6. Voeg die sampioene by en roer tot deurgemeng.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.