Soorte resepte:

Resep: Juan Boucher se boskoek

Boskoek

Dié is die mees gourmet roosterkoek wat jy al gesien het!

Bestanddele

  • 1 kg winkeldeeg
  • 125 g botter
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap

Metode

  1. Smeer albei jou hande met botter in en rol dan ’n ronde bal met die deeg.
  2. Vorm die deeg soos ’n vetkoek en laat dit toe om vir 30 min te rys.
  3. Smeer nat knoffel oor die deeg.
  4. Plaas die deeg op die vuur en laat toe om bruin te rooster.

 

Swart sousie

Bestanddele

  • 1 koppie (250 ml) Coke
  • 4 teelepels (20 ml) Worcestersous
  • 1 eetlepel (15 g) gemengde kruie (jy kan ook jou eie mengsel van jou gunstelingkruie maak)
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 1 teelepel (5 g) sout
  • 1 teelepel (5 g) peper
  • 1 teelepel (5 g) koljander

Metode

  1. Meng die Coke en Worcestersous in ’n groterige maatbeker.
  2. Voeg die gemengde kruie van jou keuse en daarna die knoffel by.
  3. Meng die sout, peper en koljander saam en voeg ’n knippie daarvan by die mengsel.

 

Vlakvarkboud

Bestanddele

  • 1 kg vlakvarkboud
  • 250 g spekrepies
  • 200 g Worcestersousspeserye
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 eetlepel (30 ml) olyfolie

Metode

  1. Sny gleufies reg rondom en bo-op die boud en stop dié gleufies vol spekrepies.
  2. Vul ’n groot inspuiting met die swartsousmengsel en spuit dan die boud regdeur vol van die sous.
  3. Smeer die boud met die Worcestersousspeserye in.
  4. Meng die uie en olyfolie in ’n groot pot en laat dit toe om te prut.
  5. Plaas die vlakvarkboud saam met die uie in die pot en giet die res van die sousmengsel daaroor.
  6. Sit die deksel op die pot en maak die varkboud gaar oor 3 tot 4 ure op die vuur.

 

Blouwildebeesfilet

Bestanddele

  • 1 kg bouwildebeesfilet
  • ½ koppie (125 ml) olyfolie
  • 1 eetlepel (15 g) gemengde kruie
  • 4 eetlepels (60 g) nat knoffel

Metode

  1. Smeer die filet goed met die olyfolie in.
  2. Smeer die speserye en nat knoffel oor die filet en werk noukeurig in.
  3. Laat die knoffel toe om in die vleis in te trek vir 30 min.
  4. Plaas die filet in ’n toeknyprooster en vlambraai vir 45 sekondes aan elke kant.
  5. Bedien die opgesnyde filet in die boskoek.

Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lisa ·

Dit klink en lyk absoluut heerlik. Ek gaan dit beslis probeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.