Soorte resepte:

Resep: Kerrie-Afval

kerrie-afval-van-kreatiewe-kos-idees

Kerrie-afval. Foto: Kreatiewekosidees.com

Bestanddele:

• 1 skaapkop en -afval
• ʼn paar heel kruienaeltjies
• sout en peper na smaak
• kerriepoeier na smaak
• 5 ml suiker
• 30 ml koekmeelblom
• 30 ml asyn of suurlemoensap
• 25 ml koue water

Metode:

1. Krap alles skoon en was dit goed af. Kap die kop oop, sny die tong uit en kap dan die neusbene weg.
2. Sny al die los beentjies uit, sny die kop in twee en was dit baie goed.
3. Haal die harsings uit, sit dit in ‘n stukkie pens en werk dit goed toe.
4. Trek die vleis van die pens uit, sny dit in klein stukkies en was dit goed skoon.
5. Kap die pootjies in twee.
6. Sit alles in ʼn pot, gooi die pot vol water en sit ʼn paar kruienaeltjies by.
7. Geur met sout en peper.
8. Maak die kerriepoeier, suiker en koekmeelblom met die asyn of suurlemoensap en koue water aan. Roer by die afval.
9. Laat dit lank kook – kook tot die vleis sag is, die beentjies uitval en die sous mooi dik en slymerig is.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.