Soorte resepte:

Resep: Kerrie met spinasie

Kerrie met spinasie (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié gereg is nie net geurig nie, maar ook gesond!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 20 ml olie
  • 600 g dikrib, in blokkies gesny
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 20 ml vars gerasperde gemmer of 10 ml fyn gemmer
  • 10 ml borrie
  • 5 ml brandrissiepoeier of sterk kerrie
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn mosterdsaad of mosterdpoeier
  • 250 ml water of vleisaftreksel
  • 500 g vars of bevrore spinasie, in stukke gesny
  • 250 ml natuurlike jogurt

Metode

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en verbruin die vleisblokkies. Voeg die uie, knoffel en die res van die geurmiddels asook water of vleisaftreksel by. Plaas die deksel op en prut ongeveer 1-1 ½ uur verder oor ’n lae temperatuur.
  2. Voeg die spinasie by en prut vir nog ongeveer 5-10 minute. Voeg jogurt by en verhit op lae hitte tot kerrie warm is, maar verhoed dat dit weer kook, om skifting te voorkom. Geur na smaak.
  3. Sit voor met koring of stampmielies en groente.

Bron: Eenpotgeregte deur An du Plessis

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VanAfrika ·

Jy kan print, gaan na die middle van die resep, regs kliek op jou muis, kliek print dan moet jy so rukkie vat voor die logo op kom wat jou die print opsie geem kliek weer op print en voila jou resep is geprint

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.