Soorte resepte:

Resep: Kerrie-sampioensop

kerrie-sampioensop

Foto: Wenresepte 1

Dis dik, geurig en baie spesiaal. Dis die gunsteling van die akteur met die blou oë – Paul Newman.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 90 g (100 ml) botter of margarien
  • 5 ml kerriepoeier
  • 500 g sampioene, gehalveer
  • 25 g (50 ml) koekmeelblom
  • I blik (295 g) beesvleissop
  • 750 ml melk
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Smelt 70 g (85 ml) van die botter of margarien in ’n groot pan, voeg die kerriepoeier by en braai’n paar sekondes.
  2. Voeg die sampioene by en braai tot die sampioene ligbruin is. Roer gereeld.
  3. Skep die sampioene uit en hou eenkant.
  4. Voeg die res van die botter of margarien by die sous in die pan en roer die koekmeelblom daarin tot gemeng.
  5. Voeg die sop by en roer tot gemeng.
  6. Roer die melk geleidelik by en kook 8 minute lank.
  7. Roer aanhoudend en geur met sout en peper.
  8. Skep die sampioene net voor opdiening in die sop.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 1 saamgestel deur Annette Human
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.